St. Niklaas van Flüe en Koningin van Vrede Katolieke Kerke |
|
![]() ![]() |
Impalaweg ~ gestig 1959 Hierdie is 'n dubbelparogie met nog 'n kerk in Eerstelaan, Bhongolethu, wat Koningin van Vrede heet. Dié parogie vorm die grootste Katolieke gemeente in Oudtshoorn met ongeveer 2500 gedoopte lid mate. St. Niklaas van Flüe parogie het sy ontstaan te wyte aan die gedwonge verskuiwings van die vyftiger en sestigerjare van die 20ste eeu toe die mense van Noordeinde na die nuwe woonbuurt Bridgton (weg van die blank verklaarde dorpsgebied) verskuif is. Die ou Sacred Heart Sending en skool in Noordeinde is gesluit en 'n nuwe kerk is gebou en later ook 'n nuwe skoolgebou langs die kerk. Sacred Heart Skool het op die 23ste Julie, 2003, sy 80ste bestaansjaar gevier. Alhoewel die skool vandag binne die kategorie val van 'n staatskool wat op kerkperseel bedryf word is die Katolieke etos van die skool kragtens 'n ooreenkoms met die bisdom nog van krag. Langs die Sacred Heart Skool staan die geboue van die Sacred Heart Kleuterskool. Tye Heilige
Mis Kontak besonderhede Parogiepriester: |
Die
Kongregasie van die Oratorium van St. Filip Neri in Oudtshoorn is 'n geregistreerde
Openbare Weldaadsorganisasie Nommer 93 00 00 036 |
|
|
|
|||||||||
|
|
|
|
|
© Die Kongregasie van die Oratorium van St. Filip Neri in Oudtshoorn
Die eerste
Oratorium in Afrika – Kerkwetlik opgerig 1997
Webmeester Vernon Meyer | Web-gasheer JCW Hosting
|