_PRINTFRIENDLY _PRINTFRIENDLY
Pastorale Bronmateriaal
Verdriet - 'n Gedig deur Basil Kardinaal Hume, O.S.B.

VERDRIET

Verdriet kan jy nie deel nie,
want dit is iets wat jy alleen voel.
Verdriet is om van binne te sterwe,
dit is ‘n enorme leegte, ‘n vreesaanjaende pyn.

Verdriet is eensaamheid,
’n siekmakende pyn wat jou snags wakker hou,
’n gapende gat wanneer jy soggens opstaan.
Wat mense ook al vir jou sê, niks help nie.
Geen argumente maak sin nie.

Stilte is die beste antwoord wanneer iemand verdriet het.
Nie die ongemaklike stilte
wat soms, sonder dat iemand dit bedoel het, in ‘n gesprek ontstaan nie,
maar ‘n stilte waarin jy met jou hart die een wat verdriet ly, bystaan.
Liefde kom tot uiting in stilte,
en liefde is die enigste pad uit die gapende leegte van verdriet.

Die liefde wat stil en teer die pyn versag,
die droefheid so ‘n bietjie wegneem,
dit is die beste liefde.

Dit is die liefde van God, warm en waaragtig,
wat die bedroefde hart aanraak en genees.
Hy kyk vol medelye na wie verdriet het,
want droefheid is ‘n groot lyding.

God het self onder ons kom woon
sodat Hy ons verdriet kon leer ken,
en nog soveel meer,
die Man van Smarte.

Hy weet wat verdriet is,
Hy begryp dit.

Verdriet sal uiteindelik plek maak vir vrede
- in God se tyd.

Basil Kardinaal Hume, O.S.B.

 

Die Kongregasie van die Oratorium van St. Filip Neri in Oudtshoorn is 'n geregistreerde Openbare Weldaadsorganisasie
Nommer 93 00 00 036

Die Oratorium van St. Filip Neri - Oudtshoorn :: God is ons Erns
 
 Tuisblad
 Home Page
 Gepubliseerde Artikels
 Ons Oratorium
 Our Oratory
 Kuns & Beeldhouwerk
 Pastoraal
 Pastoral
 Gebruiksbepalings
 & -Voorwaardes
© Die Kongregasie van die Oratorium van St. Filip Neri in Oudtshoorn
Die eerste Oratorium in Afrika – Kerkwetlik opgerig 1997
Webmeester Vernon Meyer | Web-gasheer JCW Hosting